News

NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Wurms loop uit wonde

Een hond met wurms wat uit ’n wond op die kant van sy gesig geloop het en ’n hond met brandwonde op sy rug is by ’n huis in Boekenhoutstraat (Kanonkop) gevind.

Senior-inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg Dierebeskermingsvereniging) sê sy het ondersoek gaan instel nadat sy klagtes van mense in die omgewing gekry het.

Wurms het uitgepeul by ‘n besering aan die kant van die hond se kop.

Die een hond, ’n Afrikanis- kruising, is gereeld deur mense in die strate opgemerk.
Wurms het uit wonde langs sy kop, net onder die oog, uitgepeul. Die hond was ook baie maer en aggressief weens pyn.
Sy het ’n tweede jong hondjie op die perseel gekry met merke wat wys dat die hond op ’n stadium met olie of kookwater gebrand is. X-strale het later gewys dat hierdie hondjie se een poot ook op ’n stadium gebreek was.

Die hond wat erg verwaarloos is. Dieremishandeling sake is geopen.

Daar is beslag gelê op die honde en klagtes van dieremishandeling teen die eienaar van die diere geopen.

•Teen druktyd het die eienaar van die hond nog nie in die hof verskyn nie en mag sy naam nie bekend gemaak word nie.

 

Lees ook:

VIDEO: Gys groet na 26 jaar

Donkie tref Marble Hall burgemeester se Audi

Is dit jou familiefoto’s?

Nigerian assassinated in front of house

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button