Maak ‘n regte-egte lappop en wen ‘n vakansie
Solidariteit Helpende Hand wil die land nostalgies laat voel met hulle splinternuwe kompetisie.
Hulle daag alle naaldwerksters uit om ’n spog lappop aanmekaar te sit, want vir die mooiste lappop is daar ’n vakansie op die spel.
Lappoppe is deel van baie mense se kindertyd en bring ’n gevoel van heimweë en vertroosting vir almal wat haar vashou. Daarom wil die Helpende Hand-tak op Orania soveel lappoppe as moontlik insamel en terselfdertyd naaldwerksters die geleentheid gee om hulle vaardighede ten toon te stel.
Daar is twee kategorieë in die kompetisie: Outydse lappop en hedendaagse lappop, elk met spesifieke reëls wat sal verseker dat jou lappop ’n meesterstuk is. Ingeskrewe lappoppe word die eiendom van Helpende Hand Orania wat dit sal verkoop vir fondse. Fondse sal gebruik word vir die versorging van kinders in veilige bewaring en om aan hulle die geleentheid te gee om deel te wees van ? koesterende gesin. Sommige lappoppe mag deur Helpende Hand Orania as geskenke aan kinders uitgedeel word.
Volgens Magdaleen Kleynhans, takvoorsitter in Orania is hulle fokus in 2018 op gesonde gesinne. “Vir ons beteken dit gesinne waar élke lid ? veilige plekkie het en élke lid kan groei en blom! ? Lappop kan vir ? kind vertel hoe waardevol hy is,” sê Kleynhans. “Help ons om die boodskap van koesterende gesinne dwarsoor Suid-Afrika uit te dra deur ? lappop in te skryf en dalk ? opwindende prys te wen!”
Die kompetisie sluit op 15 September 2018.
•Eerste prys:
’n Week se vakansie op Orania vir ’n gesin van ses propvol ekstra verrassings!
•Tweede prys:
’n Naweek vir twee op Orania propvol ekstra verrassings!
Vir meer inligting kontak Magdaleen of Esmé op 053 207 0108 of besoek www.helpendehand.co.za/lappop.
Lees ook:
Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen dalk vir muti vermoor
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
