Kommer neem toe oor Melissa
Daar is steeds geen spoor van Melissa Marais (28) nie en die kommer oor haar welstand neem uur vir uur toe.

Sy het Dinsdagoggend vir haar verloofde, Pieter Gouws, gesê sy is op pad werk toe, maar het nooit daar opgedaag nie.
Lees ook: Missing persons report
www.mobserver.co.za het pas weer met mnr. Gouws gepraat en hy sê dat hulle nog niks van haar gehoor het nie. Haar foon is sedert Dinsdagoggend ook af.
Hy het gehoop dat sy dalk na haar ouers in die Middelburg Kaap toe gegaan het, maar ook hulle het niks van haar gehoor nie.
Sy het verdwyn in hul silwergrys Nissan Juke, registrasienommer HTM953MP.
Lees ook: Kommer oor vrou wat gister verdwyn het
•As enige persoon haar of die voertuig opmerk, bel Maureen Scheepers (SACCW – South African Community Crime Watch) by 082 565 6770, David Wessels (SACCW) by 072 777 3012 of die Middelburg Polisie by 013 249 1600.

Lees die opvolg hier: Nuusflits – Vermisde vrou gevind
Lees ook:
Geen heenkome vir misbruikte kinders
Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen dalk vir muti vermoor
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za