Kommer oor vrou wat gister verdwyn het
Melissa Marais (28), die vrou wat Dinsdagoggend (17 Julie) verdwyn het nadat sy gesê het sy gaan werk toe, word steeds gesoek.
Haar verloofde, Pieter Gouws, sê sy het hom net na 07:00 gebel en gesê sy is op pad werk toe.
Hy het besig geraak by die werk en het omstreeks 09:00 weer na sy selfoon gekyk. Op dié stadium het hy gesien hy het verskeie oproepe van haar werk, Middelburg Wendy Homes, gemis.
Lees ook: Missing persons report
Mnr. Gouws het hulle gekontak, waarop hy meegedeel is dat sy nooit by die werk opgedaag het nie.
Hy het dadelik huis toe gejaag met die hoop dat sy daar sou wees, maar sy was nie. Hy het wel opgemerk dat sy van haar klere gevat en foto’s van die muur afgehaal het.
Die paartjie is sowat ’n jaar verloof.
•Melissa se hare is tans ligbruin/blond, sy het groen oë, is 1.84 m lank en sy weeg sowat 77 kg.
Sy het verdwyn in hul silwergrys Nissan Juke, registrasienommer HTM953MP.

•Daar is ’n vermiste persone saak geopen en daar word gevra dat enige persoon wat haar of die voertuig opmerk, om Maureen Scheepers (SACCW – South African Community Crime Watch) te bel by 082 565 6770, David Wessels (SACCW) by 072 777 3012 of die Middelburg Polisie by 013 249 1600.

Lees ook:
Geen heenkome vir misbruikte kinders
Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen dalk vir muti vermoor
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
