News

Pumas se sukses is ‘n voorbeeld van eendrag maak mag

Die Pumas se welslae in hul onoorwonne seisoen waarin hulle in elf wedstryde agtereenvolgens gewen het, getuig van ’n grootse spanpoging, sê die direkteur van afrigting by die Pumas, Jimmy Stonehouse.

Stonehouse eien nie die welslae aan homself toe nie, maar prys almal van die nuwe president, AG Visser, die hoofbestuurder Pieter Burger, die kaptein van die Pumaskip tot die werknemers aan die onderpunt van die organisasie.

Die Pumas het die welslae onder moeilike omstandighede behaal, in ’n tyd waarin ’n nuwe hoofborg aan boord gekom het en ’n nuwe afrigtingstruktuur gevorm is.

Stonehouse prys die manier hoe hy, die hoofafrigter Brent Janse van Rensburg en die agterspeler-breier MJ Mentz mekaar se hande sterk gemaak het in die veldtog.

“Ek sien Brent se harde werk elke dag raak, terwyl MJ die agterspelers onder sy vleuels neem terwyl ek oorhoofs, asook vir die skrums en dryfmale verantwoordelik is,” sê Stonehouse.

Hy komplimenteer ook die gees in die span en die vergrote Pumafamilie waarin nie net die spelers nie, maak ook vrouens hande vat.
Dit was ook vir Stonehouse belangrik dat elke speler in die gekontrakteerde groep speeltyd moes kry en elkeen het minstens twee wedstryde gespeel.
“Elke speler glo nou dat hy ’n kans staan om te speel en die mededinging in die groep is gesond.”

Hy is ook vol lof vir die mediese personeel wat hard agter die skerms gewerk het nadat daar in Februarie nog ’n gros spelers beseer was.
Die nuwe lojale borg het met die naweek se eindstryd uit hul pad gegaan om die groot Pumafamilie in staat te stel om die eindstryd by te woon.
“Ons het orals gevlieg en so min as moontlik bus gery,” vertel Stonehouse uit die binnekringe.

Hy is ook vol lof vir Nelspruit se rugbygemeenskap wat die span baie lojaal ondersteun soos die naweek toe die kuierplekke gepak was om die eindstryd dop te hou.

Die Pumas het in 2013 ’n rekordgetal 16 wedstryde agtereenvolgens onder Stonehouse gewen en dalk maak hulle dié rekord in die Curriebeker skrik.
Hulle skop dié reeks juis op 8 Augustus in Nelspruit weer teen die Griekwas af.
Daardie wenskop van Justin van Staden na 26 fases nadat speeltyd verby is, is ’n getuigskrif dat een swaeltjie nie ’n Puma-somer maak nie.

 

Lees ook:

Geen heenkome vir misbruikte kinders

Twee sterf op N4

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button