Jovner se spoor van bedrieglike transaksies
Van Middelburg, deur Groblersdal en Modimolle tot in Polokwane, is daar mense wat kla oor Lenn Jovner.
Jovner is twee weke gelede in Middelburg gearresteer. Sedert die nuus van sy arrestasie het mense sover as Polokwane gebel om te hoor waar hulle kriminele sake teen hom kan gaan oopmaak.
Hy het sy rieme in Middelburg styf geloop nadat iemand hom polisiestasie toe gevat het vir bemiddeling omdat hy hul na bewering geld geskuld het.
Lees ook: Veiligheidsman beweer bedrog van R100 000
Die polisie het toe agter gekom dat die voertuig waarmee hy gery het na bewering vervalste nommerplate op het.
Jovner het reeds in Middelburg in die hof verskyn waar hy ses aanklagtes van diefstal en een van bedrog in die gesig staar.
Lees ook: Trane toe geld vir kankerseun nie realiseer nie
Alhoewel borg Maandag toegestaan is, het kapt. Khanyisile Zwane, Middelburg polisie woordvoerder, gesê dat Jovner weer gearresteer is om in Groblersdal en Modimolle in die hof verskyn op soortgelyke klagtes.
Nog ’n klaer uit Polokwane het intussen met www.mobserver.co.za kontak gemaak om te hoor waar hulle ’n kriminele klag teen Jovner kan gaan lê. Hy het hulle na bewering uit net minder as ’n half miljoen Rand bedrieg.
Lees ook: Gesoekte vrou pleeg selfmoord na polisie toeslaan
Kapt. Khanyisile Zwane, Middelburg polisie woordvoerder, het by navraag gesê dat klaers by hul naaste polisiestasies klagtes teen Jovner kan gaan lê en dit nie in Middelburg hoef te doen nie.
Ander nuus:
’n Boer met ’n stoet in Georgië
Nuusflits – Vermiste vrou na drie dae gekry
VIDEO: Graphic content – New born found in toilet released from ICU
VIDEO: Road rage incident leads to young man’s death
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
• Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
• “Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
• Volg ons YouTube kanaal.
• Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
