News

Dorpe se verval soos vrot tand

Suid-Afrika was geskok met die insetsel op die aktualiteitsprogram Carte Blanche Sondagaand, oor die verval van die dorp Queenstown, of Komani, soos die dorp deesdae bekend staan.

Kinders wat in riool speel, afval van ’n slaghuis wat in ’n oop veld lê en vrot, ’n dooie hond wat in die straat vir weke verrot, munisipale voertuie wat opgeveil word en ’n munisipale bestuurder wat duisende rande op Kentucky hoender spandeer, was tekenend van dorpe se verval.
Inwoners betaal nie vir dienste nie want hulle kry nie rekeninge nie.

Nou is Middelburg se inwoners in rep en roer omdat die tekens van agteruitgang van dié spog Dorp van die Jaar soos ’n vrot tand begin wys.
Die munisipaliteit sê dis nie sy skuld dat inwoners nie die afgelope paar maande hulle verbruikersrekeninge ontvang nie, maar die poskantoor. Die poskantoor sê weer dit is die munisipaliteit.

Lees ook: Verkeersmotor in drank deurry

Net soos in Komani is die vrees dat inwoners gaan ophou betaal en dan loop die riool oor ’n paar jaar die strate vol, munisipale toerusting word opgeveil en die slaggate word so groot soos die op Witbank, sy buurdorp.

Volgens die munisipaliteit se finansiële direkteur, me. Elmarie Wassermann, word die rekeninge maandeliks op tyd aan die poskantoor versend.
Dit is die poskantoor se verantwoordelikheid daarna om die regte rekening by die regte posbus af te gee.

Inwoners kla egter dat self hul poskantoor sluitbussies twee tot drie maande laas enige stukke pos in gehad het.

Die plaaslike posmeester, me. Grace Mnguni, sê hulle sorteer al die rekeninge wat van die munisipaliteit ontvang word en dat sy nie bewus is van enige rekeninge wat nié afgelewer is nie.

Sy het navrae weer na die munisipaliteit verwys vir antwoorde oor hoekom die rekeninge nie afgelewer word nie.

 

Lees ook:

Pieter Koen en Willem Botha kom kuier

Familie worstel twede nag met vrae oor verdwene vrou

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button