News

Dorpie in oorlogsone verander

Die rede waarom dorpe verval kan op geen beter plek gesien word as die klein dorpie, Roossenekal, tussen Middelburg en Groblersdal nie.

Groblersdal se inwoners betaal 90% van die inkomste wat vanuit 30 wyke ingevorder moet word onder die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit area, terwyl Roossenekal vir drie tot vier jaar verniet elektrisiteit ontvang.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen (DA raadslid), subsidieer Groblersdal se inwoners Elias Motsoaledi Munisipaliteit met meer as R600 000 ‘n maand, om die inkomste te dek wat nie uit Roossenekal verkry word nie.

“Drie tot vier jaar gelede het Elias Motsoaledi voorafbetaalde elektrisiteitsmeters installeer vir die inwoners van Roossenekal om aan hul goedkoper elektrisiteit te verskaf. Die inwoners was nie tevrede met die tariewe nie, die kragmeters is uitgeruk en onwettig aangesluit,” sê mnr. Oosthuizen. Sekere inwoners ontvang vir die afgelope vier jaar verniet elektrisiteit.

Lees ook: Dorpe se verval soos vrot tand

Mnr. Oosthuizen sê dat die munisipaliteit verskeie kere die persone probeer konfronteer het en die elektrisiteitsmeters herstel het, maar dat hul geïntimideer word.

Twee maande gelede het die munisipaliteit weer die voorafbetaalde elektrisiteitsmeters installeer, waarna dit net weer uitgeruk is en onwettige kragkonneksies gemaak is.

Lees ook: Two sisters died in a blaze which gutted Orphanage

“Elias Mostoaledi Munisipaliteit het reeds ‘n brief aan NERSA (National Energy Regulator of South Africa) gerig om die lisensie, wat hul in beheer plaas om elektrisiteit aan Roossenekal te verskaf, weg te vat. As die sertifikaat vir elektrisiteit weggeneem is vanaf Elias Motsoaledi Munisipaliteit, beteken dit dat Eskom dan in beheer sal wees van die elektrisiteit en dat daar dan krag aan elke huis apart verskaf sal word. Die proses neem egter ‘n jaar of langer,” sê mnr. Oosthuizen.

Die munisipaliteit het ook aansoek gedoen vir ‘n hofbevel om die persone wat verniet elektrisiteit trek, se krag af te skakel by die substasie.

Lees ook: Verkeersmotor in drank deurry

Kort na die munisipaliteit die elektrisiteit laat afskakel het by die substasie, het die probleem erger geword en die ontstoke inwoners het weer die elektrisiteit probeer aanskakel. Inwoners het elektrisiteitskabels en transformators gevandaliseer, wat veroorsaak het dat die hele Roossenekal sonder elektrisiteit gelaat is.

‘n Inwoner van Roossenekal, wat op versoek anoniem wil bly, sê dat daar nou gesukkel word om die skade wat deur die inwoners aangerig is te herstel en dat hul, as hul gelukkig is, vir drie ure per dag elektrisiteit het.

“Dit is nou amper ‘n oorlogsone in Roossenekal en persone, wat naby die substasie kom, word met klippe gegooi.”

“Die probleem is dat 80% van Roossenekal se inwoners, wat hoofsaaklik bestaan uit die informele woongebied aangrensend aan die dorp, skuldig is aan dié onwettig kragkonneksies, waar die 20% wat getrou is, nou ook geraak word deur die vandalistiese dade,” sê mnr. Oosthuizen.

Volgens Simon Makua, woordvoerder van Elias Motsoaledi Munisipaliteit, is die onwettige aksies reeds by die polisiestasie aangemeld.

 

Lees ook:

Pieter Koen en Willem Botha kom kuier

Familie worstel twede nag met vrae oor verdwene vrou

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button