News

Waarom jaag hulle so?

Daar is dalk ’n rede waarom mense deesdae soos maniake op die N11 jaag: Iemand het die spoedbeperking op een van die borde van 100 kilometer per uur na 180 km per uur met spuitverf verander.

Met die N11 en Kranspoortpas wat onlangs opknappingswerk ondergaan het, om die veiligheid van die pad te verbeter, blyk dit asof padgebruikers nou dié pragtige oorgedoende pad beskou as ‘n resiesbaan.

Lees ook: Three killed in Kranspoort crash

Mnr. Nico van Vuuren, van Van Wettens Insleepdienste, sê dat hul ongeveer drie oproepe per maand oor ernstige ongelukke op Kranspoortpas ontvang, en ‘n verder drie oproepe per week oor vragmotors wat in die pas omgeslaan het of in die veiligheidsandputte beland het.

Lees ook: Kranspoort gesluit

Mnr. Leon Smit van Zeekoegat, ‘n plaas wat direk langs Kranspoortpas geleë is, sê dat hul kan sien en hoor hoe die voertuie by die pas af jaag.
“Mense het geen respek vir die spoedgrens op die N11 nie. Ek het my plaas vir byna 12 jaar en ek het op hou tel by 36 noodlottige sterftes op die pas vandat ek daar bly,” sê mnr. Smit.

Lees ook: Fifty injured in Kraanspoort

Dit is egter skrikwekkend om te dink dat motoriste nie die spoedgrens ernstig opneem nie en nog as grap ander se lewens in gevaar stel deur die spoedgrensborde te verander soos hul goed dink.

 

Lees ook:

Pieter Koen en Willem Botha kom kuier

Familie worstel twede nag met vrae oor verdwene vrou

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button