Spiesgooi kampioen vermoor – medaljes opgespoor
Alta Maree het die atletiekwêreld aan die praat gehad, nadat sy vir vier jaar agtereenvolgend die Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioensakppe gewen het, maar in ’n misdadige Suid-Afrika het die eertydse atletiek kampioen se lewe geëindig in ’n vlak graf.
Vermoor, beroof, gemartel en daarna waarskynlik vir muti opgesny!
Die waardevolle medaljes van die viermalige kampioen was ook weg.
Maar nou het haar swaer, Willie Nel, die medaljes opgespoor.
Hy het dit in ‘n boks gekry en dit is tans in sy besit.
Mnr. Nel sê hy is gebel om te gaan ondersoek instel, nadat Maree se bakkie buite haar kleinhoewe op Clewer gekry is met stukkende vensters. Die huis se deure was oop. Drie gereedskapkaste en verskeie vuurwapens, waaronder ‘n .22 rewolwer, .38 rewolwer en .22 geweer, is uit die huis vermis. Sy is waarskynlik op 23 Februarie 2018 ontvoer.
Lees ook: Suid-Afrikaanse spiesgooi kampioen dalk vir muti vermoor
Haar bestuurderslisensie en ‘n bankkaart is later op die Ogiespad gekry en werkers het op die plaas van Smit Boerdery liggaamsdele in ‘n vlak graf gekry.
Daar word vermoed dat Maree nie net beroof is nie, maar dat haar liggaam geskend is vir muti.
Mnr. Smit sê verskeie mans is aangekeer en die kop van ‘n mens is in een se huis gekry.
Omdat die liggaamsdele wat gekry is erg vermink was, word nou gewag vir DNA toetse om finaal te bepaal of dit dié van Maree is maar familielede twyfel nie daaraan nie.
www.mobserver.co.za wag nog op terugvoer van die Suid-Afrikaanse Polisie oor die ondersoek na Maree se verdwyning.

Lees ook:
Pieter Koen en Willem Botha kom kuier
Familie worstel twede nag met vrae oor verdwene vrou
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
