News

Vrou wat dorp in rep en roer het agter tralies

Die vrou waarna Middelburg vir ’n week lank gesoek het, veg tans om uit die tronk te kom.

Melissa Marais (28), is in Polokwane in ‘n drankperseel gearresteer.
Sy is al ’n week agter tralies.

Die staat het met haar eerste verskyning borg teengestaan omdat sy ‘n vlugrisiko is en borg is geweier.
Op die landdros se vraag of sy enige vorige veroordelings het, het Marais ontkennend geantwoord.
Voordat sy weer afgevat is na die selle, het sy haar verloofde, Pieter Gouws, opgemerk en vir hom oog geknip.

Lees ook: Missing persons report

Marais staan tereg op klagtes van onder andere bedrog, wat deur haar werkgewer, Middelburg Wendy Homes, aanhangig gemaak is.
Mnr. Albert du Plessis (eienaar van die besigheid) het Maandag bevestig dat hulle klagtes geopen het. Hy het net gesê dat hulle nog besig is met die ondersoek.

Die Observer het talle berigte gedra oor Melissa wat die betrokke Dinsdagoggend vir haar verloofde gesê het dat sy op pad werk toe is, maar nooit by die werk opgedaag het nie. ‘n Vermiste persoon saak is geopen en ‘n grootskaalse soektog geloods.

Lees ook: Kommer neem toe oor Melissa

Mnr. Gouws het vir die joernalis gesê dat sy van haar klere en van hul foto’s gevat het voor sy verdwyn het. Hy het kort na haar verdwyning gesê dat sy met hom gepraat het oor ‘n aangeleentheid by haar werk die aand voor sy weggeraak het. Hy het haar verseker dat hulle dit saam kan aanpak, dit het haar kalmeer en het hulle nog saam televisie gekyk. Die volgende dag was sy weg.

Vier dae later het haar ouers, John en Trudie Powell, laat weet dat ‘n “leraar” hulle gekontak het met die nuus dat sy veilig is. Hy het vir hulle gesê dat hy ‘n pastorale sielkundige is en dat hy haar help. Sy het Vrydag vir die eerste keer met mnr. Gouws telefonies kontak gemaak. Op dieselfde dag is sy gearresteer.

•Me. Marais word verteenwoordig deur mnr. Drikus Lombard.

 

Lees ook:

 

Dit is bloedmaan vanaand

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button