Schoeman van Leeu na Puma
Die witkopflank Marnus Schoeman speel Vrydagmiddag in Nelspruit die eerste keer in meer as 20 maande in die Pumatrui wanneer die Laevelders hul Curriebeker-veldtog teen die Griekwas afskop.
Schoeman speel die 30ste keer vir die Pumas wat baie meer kon wees indien hy homself nie verlede jaar in die rugbywoestyn bevind het nie.
Die spesialis sesflank het vanjaar as deel van die Leeus se SuperRugby-groep nuwe lewe in sy loopbaan geblaas.
Jimmy Stonehouse is nog altyd ’n Schoeman voorstander en het nie gehuiwer om op sy knoppie te druk vir die Curriebekerreeks nie.
Schoeman se flankmaat is Stefan Willemse wat die Pumas drie lynstaanspesialiste gee.
Lees ook: Steval Pumas welcome new members to the winning team
Willie Engelbrecht, een van die span se staatmakers, begin weer op agsteman.
Simon Westraadt se insluiting as haker is ’n klein verrassing met Marko Janse van Rensburg wie nie in die groep ingesluit is nie.
Andrew Beerwinkel is bo die rekordhouer vir die meeste wedstryde, De-Jay Terblanche, op die bank ingesluit.
Die spil waarom dié span se taktiese besluitneming draai is die skakelpaar Stefan Ungerer en Christopher Smith, wie albei diep spore in die Curriebeker kan trap.
Neil Maritz is ook terug in die tuig nadat hy verlede jaar in ’n enkele wedstryd vir die Pumas gespeel het terwyl Ryan Nell op buitesenter ingesluit is.
Die laaste vesting word aan die veelsydige Gerrit Smith toevertrou.
Lees ook: Photos: Pumaki Rugby action at Laerskool Kanonkop
Pumas teen Griekwas: Gerrit Smith, JP Lewis, Ryan Nell, Hennie Skorbinski (k), Neil Maritz, Christopher Smith, Stefan Ungerer, Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Marnus Schoeman, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Simon Westraadt, Kwezi Mona. Plaasvervangers: Frankie Herne, Andrew Beerwinkel, Hugo Kloppers, Jeandré Rudolph, Reynier van Rooyen, Justin van Staden, Trompie Pretorius.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
30 jaar in oorsese tronk vir dwelms
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
