News

‘n Moer se probleem binne minute weg gedra

Wanneer dit pap reën moet jy skep en wanneer dit aartappels reën, moet jy laai!

‘n Plaaseienaar se vrou en dogter het hul hande vol gehad met ‘n stormloop van mense wat opgedaag het om aartappels op te laai, wat gratis weggegee is.

Hennie Barnard het met ’n moer se probleem gesit, omdat sy 34 ton aartappel-oes by die mark weggewys is, omdat die klein potjiekos-aartappels net té klein was.
Barnard het nie geweet wat hy met dié groot hoeveelheid aartappels gaan doen nie.

Lees ook: Oud Dawid en stikinisnit taboe – maar nou blom seksbedryf

Die enigste uitweg was om ‘n groot gat te grou en die aartappels daarin te begrawe voor dit begin vrot.

Me. Maryna Kloppers en haar dogter, me. Adél Bryant, het voorgestel dat dié aartappels verniet weggegee word en dié wat oorbly begrawe word.

Ná verskeie oproepe, Facebook inskrywings en boodskappe, het die nuus van gratis aartappels soos ‘n veldbrand versprei en het hordes mense na die plaas gejaag.
Bakkievragte, kratte, mandjies, sakke en emmers is vol aartappels gelaai.

Lees ook: Gesin deur taakmag oorval – Siviele eis faal

Teen Saterdagmiddag was daar nie ‘n enkele aartappel van dié 34 ton potjiekos-aartappels oor nie.

Me. Kloppers sê dat hul geskok was om te sien hoe baie mense opgedaag het en hoe vinnig die aartappels verdwyn het.
“Baie inwoners het sakke vol aartappels gelaai wat hul vir hul werknemers gegee het. Ander het bakkies se bakwerke vol gelaai. Skole, instansies, individue en besighede het aartappels kom haal,” sê me. Kloppers.

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Hondjie in draadhok aangehou

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button