Oud Dawid en stikinisnit taboe – maar nou blom seksbedryf
Op die dorp waar die Dawid beeld bedek is met ’n lappie en die stikinsnit tot die burgemeestersvrou rooi laat sien het, is die seksbedryf besig om opslae te maak.
’n Vrou wat haar dienste aanbied en dit is nou nie om jou gras te sny nie, raai kliënte selfs aan om haar naby ’n spogskool te ontmoet.
Op talle webtuistes adverteer meisies, byvoorbeeld “warm Afrikaanse girl reg vir aksie”. “Dienste” kos vanaf R350 tot selfs R800 ’n uur. Die R800 sluit die vrou se taxigelde vanaf eMalahleni na Middelburg in.
Lees ook: Opvolg: Prostituut wys boude, borste
As ’n man hulle bel, verduidelik hulle in uitgebreide terme wat alles ingesluit is by die prys en gee selfs vriendelik hul borsmaatgrootte.
Sommige werk van die huis af, terwyl gastehuis eienaars ook kla dat vroue hulle lastig val om hulle fasiliteite te gebruik.
’n Prostituut het vroeër vanjaar haarself uit die voete gemaak toe die gastehuis agtergekom het iets is nie pluis nie.
Nou is hulle glad nie meer diskreet nie en vra sommer prontuit vir plaaslike gastehuise of hulle van daar af kan “werk”.
’n Prostituut, wat op ’n webtusite adverteer, het ’n adres in die spogbuurt van Gholfsig opgegee.
Lees ook: Prostituut se ribbes gebreek
Die gastehuis-eienaar het gesê hy weet nie daarvan nie en dat hy nou sy sekuriteit gaan opskerp en vroue sal laat arresteer as hy hulle uitvang as hulle prostitusie van daar af bedryf.
Plaaslike leraars sê dat die probleem met prostitusie en mans wat hul dienste gebruik groter word, omdat mense hul greep op goeie waardes verloor het.
Internettoeganklikheid maak dit maklik om ’n vrou met losse sedes te “bestel”.
Hulle sê daar is egter ’n oplossing: gaan soek hulp by ’n leraar of sielkundige, keer terug na gebed en stel God eerste.
Lees ook: Swanger vrou op straat
•Die stikinisnit was ’n vroue haarkapper wat die mans se hare gesny het met net donsies op haar boesems geplaas. Mans het tot van die Vrystaat gekom om dié ongewone haarsny te beproef.
Na petisies en ’n kwaai teregwysing van die burgemeestersvrou het die haarkapper die dorp verlaat.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
