Wat is meningitis? Breinvlies eis man se lewe
’n Man is op Middelburg dood en twee kinders was ernstig siek met breinvliesontsteking.
Bekommerde inwoners vra nou wat is breinvliesontsteking of virale, ook virus-verwante meningitis.
Virale meningitis (breinvliesontsteking) is nie so gevaarlik soos bakteriële meningitis nie, maar sowat 5% pasiënte kan wel neurologiese simptome ontwikkel en sterf.
Soos in die geval van mnr. Troy Jansen van Rensburg, wat verlede Sondag oorlede is.
Lees ook: Breinvlies slagoffer begrawe
Twee tieners, die 15-jarige Kay-Leigh Sloane (was 16 dae in hospitaal) en nou ook die 16-jarige Francois Coetzee (steeds in die hospitaal) is die afgelope tyd vir virale meningitis behandel.
•Virale meningitis is gewoonlik nie aansteeklik nie. Dit word deur virusse veroorsaak wat deur muskiete oorgedra word, of rioolbesmette water of die masels of die rubella-virus (Duitse masels).
Alhoewel dit nie so ernstig is as bakteriese meningitis nie, kan dit egter ook net gediagnoseer word met ’n lumbale punksie en moet die pasiënt hospitaalbehandeling ontvang.
Mense herstel gewoonlik vinnig sonder veel nagevolge.
Lees ook: ‘n Moer se probleem binne minute weg gedra
Virale meningitis klaar gewoonlik binne 10 dae op.
Tekens en simptome word baie keer met griepsimptome verwar, omdat daar ook ’n seer keel, gewrigpyne en erge hoofpyn betrokke is.
Meningitis se tekens is egter ook ’n stywe nek, hoë koors, soms ’n veluitslag, pyn in bene, koue hande en voete en selfs abnormaal-bleek velkleur.
•Bakteriële meningitis is baie ernstiger as virale meningitis en kan permanente breinskade veroorsaak. As dit nie vinnig behandel word nie, kan ’n persoon binne ure sterf.
Bakteriële meningitis is hoogs aansteeklik en kan versprei word deur slegs ’n klein druppeltjie besmette liggaamsvloeistof wat deur ’n nies, hoes of selfs eetgerei oorgedra kan word.
Omdat dit so aansteeklik is, word die pasiënt vir ten minste vir 48 uur in isolasie gehou.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
