Opvolg: Plaasaanval – vermisde vrou lewend gevind
Daar word dringend gesoek na fondse om 'n bejaarde vrou wat in 'n plaasaanval beseer is te behandel.
Die vrou en haar vriendin is gister in die vriendin se huis oorval en vir ure gemartel.
Hulle is daarna om die beurt in ‘n voertuig gelaai en op twee verskilende plekke tussen Lydenburg en Roossenekal afgelaai.
Die vrou wat twede afgelaai is, het gedink haar vriendin is dood. Die vriendin(70) is egter na ‘n grootskaalse soektog deur die gemeenskap, ‘n paar uur terug lewend opgespoor.
Lees ook: Plaasaanval – vroue gemartel, een steeds vermis
Sy het vertel hoe sy dood gespeel het in die kar, en toe in die donker weg gekruip het tot sy met ligdag kon hulp soek.
Die vrou, wat welbekend in Roossenekal is, beskik nie oor ‘n mediese fonds nie. Sy sal per helikopter na Middelburg gebring word.
Mense wat in staat is word versoek om vir haar geld by Midmed in te betaal sodat sy behandel kan word.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
