News

Plaasaanval – vroue gemartel, een steeds vermis

Twee vroue is gister naby Roossenekal in hul huis aangeval en gemartel.

Een word tans in die hospitaal op Middelburg behandel terwyl die ander vrou steeds vermis is.

Volgens inligting  is die vroue oorval kort nadat een van hulle by die huis gekom het.

Aanvallers het die vroue gemartel en daarna lakens om die vroue gedraai en hulle koppe met kussingslope bedek voordat hulle in hul eie motor gelaai is.

Lees ook: (Update): “Don’t be afraid my darling…” – The horror of a farm attack

Een van die vroue is tussen Roossenekal en Lydenburg, by Jaap se Hoogte, uit die kar gegooi. Sy is intussen per ambulans na Middelburg geneem.

Die ander vrou word steeds gesoek.

Die vroue se voertuig is in Lydenburg voorgekeer waar ‘n skietvoorval tussen die aanvallers en die polisie uitgebreek het.

Een verdagte is dood geskiet, ‘n vrou is gewond en ‘n derde verdagte het gevlug.

Lede van die gemeenskap kom vanoggend bymekaar om te help soek na die vrou wat steeds weg is.

  • Sue Howarth en haar man, Robert Lynn, is verlede jaar in Dullstroom aangeval en tussen Belfast en Stoffberg uit ‘n kar gegooi.

 

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Hondjie in draadhok aangehou

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button