News

Plaasaanval – Aanvallers dreig ‘jy moenie weer terug plaas toe nie’

Die aanvallers wat twee vroue op Roossenekal oorval en vir ure gemartel het, het hulle gedreig om nie terug te keer na die plaas nie.

Gina Otto en Moeka Gravina is verlede Vrydagmiddag, om en by 13:00, oorval toe hulle by mev. Otto se huis aangekom het.
Twee aanvallers het die vroue vir ure geslaan met sambokke, gedreig om hulle te verkrag en ook probeer om mev. Otto te wurg.

Lees ook: Plaasaanval – vroue gemartel, een steeds vermis 

Mev. Otto is deur weldoeners gered, nadat die aanvallers hulle langs die pad afgegooi het op pad Lydenburg toe. Sy was op daardie tyd oortuig dat haar vriendin dood is.
Mev. Gravina is Saterdagoggend, na ’n grootskaalse soektog, lewend gevind.

Lees ook: Opvolg: Plaasaanval – vermisde vrou lewend gevind

Daar is by verskeie bronne gehoor dat die aanvallers die vroue gevra het of hulle ’n man ken, wat op verskeie plase in die omgewing waar die vroue bly, gewerk het.

Die mans het aan mev. Otto gesê dat sy nie moet teruggaan plaas toe nie, omdat iemand haar dan sal kom dood maak. Hulle het gesê dat hulle deur die man, wat al vir mev. Otto gewerk het, gestuur is en dat hy gesê het mev. Otto pla hom.

Lees ook: VIDEO: Beide plaasaanval slagoffers nou in kospitaal

Een van die aanvallers is later in Lydenburg doodgeskiet toe polisie hul motor probeer aftrek het en daar ’n skietgeveg uitgebreek het. Die bestuurder van die motor, wat ook glo die skietwerk gedoen het, het daarin geslaag om uit te spring en weg te hardloop.

Daar is egter ’n sterk vermoede onder lede van die Roossenekal gemeenskap oor wie die man is.
Brig. Leonard Hlathi het gesê dat die polisie warm op sy spoor is.

Lees ook:  Opvolg: Plaasaanval – vroue met sambokke geslaan

• Mev. Otto is steeds in die hospitaal. Haar dogter het van Amerika af gevlieg om haar te kom bystaan.

 

Lees ook:

 

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe!

Die ‘Konon’ in Kanonkop

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button