VIDEO: Susan bring liefde en genade na partytjie
Die gewilde skrywer en spreker, Susan Coetzer, was die hoogtepunt van vanjaar se Teddiebeer Teepartytjie.
Haar treffende boodskap waarin sy die vroue en dogters se harte aangeraak het met haar aansteeklike positiewe geaardheid, sal nog lank onthou word.
Sy het onder andere gesê dat mense nie almal identies is nie, maar dat daar sekere eienskappe is waaraan almal weer kan werk, soos:
•Verdraagsaamheid en om genadig te wees.
•Altyd probeer om die waarheid te praat.
•Vriendelikheid.
•Stel belang in ander, luister.
•Getrouheid.
•Nederigheid.
•Genadige liefde.
•Selfbeheersing.
•Beleefdheid.
•Gedissiplineerdheid.
Sy het afgesluit met: “Deel jou wenke, talente en gawes met ander. Werp jou brood op die water.”
••Gaan lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer waaroor die Teddiebeer Teepartytjie gaan. In die volgende Dinsdag uitgawe sal al die finaliste van die mej. en mev. Middelburg kompetisies verskyn.
’n Kleur volblad van die partytjie sal ook te sien wees in die Oktober uitgawe van die Get It tydskrif.








Lees ook:
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe!
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
