News

Sestienjarige jaag in woonstel vas

'n Sestienjarige seun het by The Orchards in 'n woonstel vasgejaag, waar twee klein kindertjies binne was.

“Ek het net my ma hoor skree en gedink daar is iets fout met my dogter. Sekondes later het ek gesien my kar staan in die oorkantste woonstel,” het me. Arlene la Grange gesê.
Sy het by een van hul vriende se woonstel gekuier die middag maar was siekerig en is terug na haar woonstel waar sy in die bed wou klim.

Van die mense by ‘n partytjie het later vertel dat ‘n sestienjarige seun gevra het of hulle hom nie wil vat na “die Sondagaand races toe nie.”
Daar is egter vir hom gesê dat niemand gaan ry nie, want hulle het elkeen al ‘n drankie gedrink.

Inwoners het n paal gevat om onder die een muur in te druk, sodat alles nie ineen stort nie.

Me. La Grange sê haar ma, Tilla Smith, het gehoor hoe haar (Arlene) se voertuigrewolusies skielik opgejaag word en die voertuig kort daarna met ‘n geweldige spoed, in trurat onder die skadunette uitjaag, in die oorkantste woonstel vas.

“Die seun ken ons en moes die sleutel van my kar, wat naby die deur teen die muur hang, gevat het.”
Kort nadat die voertuig deur die sitkamervenster gebars het, het die seun uitgespring en gevlug.

Mnr. Herculaas Taljaard (van Middelburg 911) het die seun in Jeppestraat gevang en teruggeneem na die toneel.
Die seun (wie se naam weerhou word, omdat hy minderjarig is) is saam met sy pa na die polisie en is hy later in hul sorg vrygelaat.

Klagtes van onder andere bestuur sonder ‘n lisensie en roekeloos nalatige bestuur word ondersoek.

•Me. La Grange was baie emosioneel oor die gebeure. “Ek hoop net die kind leer hieruit.”
Sy is dankbaar dat niemand beseer is nie, maar is ontsteld oor die skade aan haar VW Golf.

Me. la Grange is veronderstel om Vrydag te verhuis na Witbank, maar nou is haar kar afgeskryf.

Hulle is klaar gepak, omdat hulle Vrydag na eMalahleni verhuis, waar me. La Grange haar dogter, Minnette, elke tweede dag vir dialise moet neem.
“Ek moes met my kar getrek het.
“Ek weet nie wat gaan ek nou doen nie.”

•Niemand is in die ongeluk beseer nie, maar erge skade is aan die woonstel aangerig.

Die inwoners het ‘n paal van die skadu-afdakke by me. La Grange uitgehaal om onder die een muur in te druk, sodat alles nie ineen stort nie.
Die stoeppilaar is heeltemal afgery en die sitkamervenster is gebreek.

 

Lees ook:

 

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe!

Die ‘Konon’ in Kanonkop

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button