News

Welpies vir R80 000 stuk aangebied

Boewe wat die leeuwelpies by Pienaardam gesteel het, het die diere vir R80 000 stuk probeer verkoop.

’n Oorstelpte mnr. Gerrie Gerrits het kort nadat die welpies ongedeerd by Pienaardam afgelaai is, vertel van die soektog.

Kort nadat hulle gesien het die welpies is uit die kamp gesteel, het hulle dadelik die hulp ingeroep van die Middelburg Veediefstal en Bedreigde Spesie-eenheid. Die honde-eenheid is ook gekry om te kyk vir spore.

Lees ook: VIDEO: Leeutjie in woongebied gesien

Mnr. Gerrits sê gedurende die naweek het sy selfoon al begin lui met mense wat hom uit Durban, Kaapstad en Springs gebel het om te sê dat iemand die leeutjies aan hulle probeer verkwansel het.
“Hulle het die welpies vir R80 000 stuk probeer verkoop.”

Die een welpie lek vir Belinda aan die ken.

Intussen het daar Saterdag videos op Facebook begin verskyn waar inwoners van Mhluzi ’n man afgeneem het wat by ’n leeuwelpie sit. Mnr. Gerrits sê dié man het later gesê dat hy die een welpie in die straat opgetel het.

Met hul aankoms by die man wat afgeneem is, was die welpie reeds weer weg.
Mnr. Gerrits sê hulle het met die hulp van verskeie mense alle leidrade opgevolg, totdat hulle ’n oproep uit eMalahleni gekry het.

Venessa van Niekerk en Belinda Kruger gee die honger welpies elkeen ‘n lekker bottel toe hulle aanland.

’n Man het hulle laat weet dat die booswigte met hom onderhandel het om die welpies te koop. Hy het dadelik twee en twee bymekaar getel en ingestem.
Die leeustelers het die welpies by hom afgelaai en daar is onderhandel dat hy later dié week sou betaal.

Hy het dadelik mnr. Gerrits gekontak en sommer self die leeus by mnr. Gerrits kom aflaai.

•Die welpies het hul hanteerder, me. Belinda Kruger, byna omgespring toe hulle op Pienaardam aanland en het gou hul bottels met leeumelk verslind.

•Die ander betrokkenes in die saak se name word weens veiligheidsredes weerhou.

•’n Verdagte is gearresteer, maar sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button