News

Vuiste klap en bene afgeskop

Fight Club of Fight Town? Kom naweke klap die vuiste op Middelburg.

Die afgelope week was geen uitsondering nie met ’n man se been gebreek in ’n geveg en nog een stukkend geslaan by ’n ander kuierplek.
Boonop het ’n vrou by www.mobserver.co.za kom kla dat haar pooltafel met bordkryt bekrap is deur ’n vrou.

Die vuiste het verlede week ook geklap by Stywe Lyne waar Pieter van Zyl uitgewys is as “die moeilikheidmaker”.
Hy is vir die res van sy lewe by die gewilde dansplek verban.

Lees ook: Brian Clarke gearresteer vir aanranding, opsetlike saskbeskadiging

Kroegbestuurder, me. Adri Coetzer-Smit, sê dat alles vreedsaam verloop het tot Van Zyl en sy vriende daar opgedaag het.
“Hy was uiters arrogant en baie aggressief, hy het kuiergaste gestamp en beledig en buite aanhou moeilikheid maak, ons soek nie sy tipe hier nie,” sê me. Coetzer-Smit.

Volgens ‘n ander bron was een van die betrokkenes “se koppe oopgeslaan, maar toe ‘n ambulans en die polisie ontbied is, het vriende hom vinnig ingelaai en weggery”.

Van Zyl het Vrydag by die kantoor opgedaag en gesê hy kan niks onthou nie, maar dat hy alleen nie verantwoordelik was vir die bakleiery nie.

Geen saak is by die polisie aangemeld nie.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button