News

Pumas kies vir Haai-aanslag

Die iCOLLEGE Pumas het net klein verstellings aan hul span aangebring vir Vrydagaand se Curriebekerstryd in Durban teen die Sharks.

Daar is ’n dubbel verandering op haker met Marko Jansen van Rensburg wat in die middel van die skrum sak terwyl Frankie Herne op die bank ingesluit is.
Die enigste ander verandering voorlangs is op slot waar die ervare Hugo Klopper ten koste van Cameron Lindsay ingesluit is.

Lees ook: Steval Pumas reg vir Curriebeker

Die Puma-afrigter, Jimmy Stonehouse, het sy bank ook met baljagters gelaai met die oud-Shark Francois Kleinhans en Jeandré Rudolph.
Die enigste verandering agterlangs is op linkervleuel waar Ruwellyn Isbel vir JP Lewis uit die kussings gelig het.

iCOLLERGE Pumas teen Sharks:

Gerrit Smith, Niel Maritz, Ryan Nell, Hennie Skorbinski, Ruwellyn Isbel, Christopher Smith, Stefan Ungerer, Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Marko Janse van Rensburg, Khwezi Mona. Plaasvervangers: Frankie Herne, Andrew Beerwinkel, Cameron Lindsay, Francois Kleynhans, Reynier van Rooyen, Jeandré Rudolph, Trompie Pretorius.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button