Boer gee raad: Waardevolle lesse geleer oor grondbesetting
’n Lid van die EFF is platgeslaan toe ’n barmhartige samaritaan opgeruk het om ’n boer by te staan wie se grond beset is.
Intussen gons dit in die omgewing nadat twee mense met nuwe klere en toerusting op ’n bergagtige deel naby Middelburg rondgeswerf het. Daar word vermoed die mense was net die “voorspan” van grondgrypers.
Die grondeienaar van Burgersfort, Pieter Boshoff, wat deur die barmhartige samaritaan te hulp gesnel is, sê hy het waardevolle lesse geleer.
Hy het die volgende advies:
• Bly kalm as jy die tyding kry. “Moenie hof toe jaag om ’n interdik te kry nie. Kry eers soveel moontlik inligting bymekaar.” Hy beveel aan dat grondeienaars vooraf hulself vergewis van wie die politieke en gemeenskapsleiers in hul omgewing is omdat hulle soms by sulke grondgrype betrokke is.
Lees ook: ‘n Boer met ‘n stoet in Georgië
• Wees voorbereid, grondgrypers is gewoonlik oor naweke en vakansiedae aktief, wanneer dit moeilik is om toegang tot prokureurs en die hof te kry.
• Bekom ’n dringende hofinterdik sodra jy genoeg inligting het oor die rolspelers. Probeer om ten minste hul name te kry en sluit ook ander inligting soos kontakbesonderhede en voertuig registrasienommers in as dit moontlik is. Die rolspelers word dan as die eerste respondente op die interdik genoem en ‘alle potensiële oortreders’ word die laaste respondent.
• Beteken die interdik op die besetters.
Lees ook: Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
• Op ’n vasgestelde hofdatum sal die respondente ’n geleentheid kry om hulself te verdedig.
• Maak ’n betredingsaak by die polisie oop.
• Die rooimiere, wat onwettige strukture verwyder, is baie duur om te gebruik. Daar is alternatiewe maniere.
Afriforum het die volgende wenke vir grondeienaars gegee:
Lees ook: Is ‘n boer se lewe net R1000 werd?
• Voorkoming is beter: Raak by plaaslike organisasies betrokke, wees bewus van wat op jou grond aangaan. Maak seker jy het besonderhede van mense wat wettig op jou grond bly sodat jy vinnig kan sien as daar ander mense kom woon.
• Hou rekord, skryf registrasienommers af en neem foto’s van vreemde mense wat in jou omgewing rond beweeg.
• Maak seker dat jy ’n bewys het van wie die polisielid is indien jy ’n klag van betreding gaan lê.
• Vermy konfrontasie ten alle koste. Kommunikeer eerder op papier as in persoon.
• Daar is vele meer wenke vir grondeienaars wat hulself te midde ’n grondgryp bevind. Kliek hier om die volledige blitsgids oor grondgrype deur Afriforum te lees.
•Lees in hierdie week se Middelburg Observer oor die voorvalle van grondgryp.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
