Hartland Landbouskou is hier
Die gewilde jaarlikse Hartland Landbouskou by Pienaardam hierdie naweek het ’n vol program.
Die skou spring weg by die perde met die pensteekkompetisie en vanaand kuier almal saam met sanger Anton Myburgh by die skaapkopaand in die Hartlandsaal.
Saterdag is ’n besige dag met onder andere ’n hondevertoning, verskeie sangers, die Obaro Karkas op die Hoef beoordeling, ’n 4×4 kompetisie, Suid-Afrika pak Australië in die rugby kampioenskap op die grootskerm, ’n inkleurkompetisie vir die kinders, die Karoo Ochse bulveiling en verskeie gelukkige trekkings.
Soos altyd sal daar ook meer as genoeg stalletjies wees.
Vir meer inligting bel 082 325 8226 of 082 563 5631.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
