News

Boer, plaasbestuurder en werkers gemartel, gyselaar gehou

’n Boer wat lone wou betaal het wonderbaarlik oorleef nadat sy plaasbestuurder vroeër oorval is, aanvallers hom ingewag en met gewere op hom losgebrand het.

Phillip Maritz sou Vrydag 31 Augustus vir die laaste keer sy werkers se lone in kontant betaal voordat ’n nuwe elektroniese kaartsisteem in werking sou tree.

Toe hy om 11:25 op die plaas Strydkraal B, sowat 80km buite Marble Hall, aankom, het drie gewapende mans wat hulle as plaaswerkers vermom het, op hom afgestorm. Hy het probeer wegjaag en daar is 11 skote op sy voertuig geskiet voordat hy teen ’n hoop kunsmissakke gebots het.

Hennie Potgieter, die plaasbestuurder was gyselaar gehou en gemartel.

Nie een van die skote het mnr. Maritz getref nie, maar hy is na die botsing uit sy motor gedwing en na ’n pompkamer geneem sodat hy ‘sy dooie maatjie’ kan sien.

Mnr. Maritz se plaasbestuurder, Hennie Potgieter, wat sowat twee ure voor hom op die plaas was, is met sy aankoms oorval en gemartel om inligting te kry. Hy is gyselaar gehou en moes met ’n vuurwapen teen sy kop vir mnr. Martitz bel om te hoor wanneer hy kom.

Phillip Maritz se hand was beseer terwyl hy probeer het om sy kop te beskerm.

Nog twee mans, Etienne en Vernon van Blerk, wat op die plaas was om elektriese werk te doen, is saam met mnr. Potgieter aangehou, tot mnr. Maritz se aankoms.
Aanvallers het gedreig om mnr. Maritz deur die maag te skiet en het verskeie skote afgevuur in die pompkamer, waar die mans aangehou is.

Maritz se Cruiser is erg beskadig deur die losbrand.

Die aanvallers is op die ouend weg met bankkaarte, waarvan hulle die PIN-kodes met geweld uit die slagoffers gedwing het, asook die lone-geld, gereedskap en kanne met diesel.
Die slagoffers se voertuigsleutels en selfone is later in ’n sak op die plaas gevind. Die dieselkanne is by die plaasingang gekry.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

• Mnr. Maritz bied ’n beloning aan vir enige iemand met inligting wat tot ’n arrestasie kan lei.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button