News

Sagte reus na moord begrawe

Die staatmaker sekuriteitsoffisier, Johnny Johnsen (32), wat deur inbrekers doodgeskiet is, is Vrydag uit die Volle Evangelie Kerk op Groblersdal begrawe.

Sy kollegas en vriende van Mid-Alarms, waar hy die afgelope paar jaar gewerk het, is steeds geskok oor dié wrede manier wat die saggeaarde, man wat as ’n “Gentle Giant” bekend gestaan het, aan sy einde moes kom.

Mnr. Drikus Oosthuizen (mede-eienaar, Mid-Alarms) het hom ‘n toegewyde en betroubare lid van hul spesiale operasionele span genoem.
“Johnny het, soos altyd, die ekstra myl vir ons kliënte geloop.”

Johnny was alleen by die Zikhuphule Primary School, toe hy geskiet is.

Lees ook: Suspects might be linked to seven other robberies

Hy het kort voor 07:00 gereageer op ‘n alarm en laat weet dat hy “afstaan”. Kort daarna het hy laat weet dat hy ‘n verdagte gearresteer het en ondersteuning benodig.
Hy het ook per radio gesê dat daar ‘n tweede verdagte op die dak van die skool is.

Reaksie-offisier, Bennie Landman, het vanaf die dorp na die skool gejaag en het verskeie kere na Johnny per radio geroep, maar hy het nie gereageer nie.
Met sy aankoms op die toneel, het hy sy kollega, gesig na onder op die perseel gevind.
Hy is in die kop geskiet.

Lees ook: Four armed robberies in one week

Dit blyk dat hy deur die tweede verdagte aangeval is terwyl hy die eerste een platgetrek het en een van die inbrekers het hom daarna moontlik met sy eie pistool geskiet, aangesien die pistool ook weg is.

Daar is ‘n 9mm patroondoppie op die toneel opgetel.

•Hy het in 2004 by Loskop Alarms begin werk.

Lees ook: VIDEO – Eastdene shooting: Do you know these men in the car? Police ask for assistance with bloody home invasion 

Sy ma onthou hoe hy by Tekkie Town in Groblersdal onwetend ingestap het in ‘n gewapende rooftog en die rowers hom oorval het.
Hulle het hom vasgebind en een van die rowers wou hom skiet, maar die wapen het gestoor en hulle het gevlug.

Hy het later na Middelburg verhuis en as verkoopsman by Middelburg Nissan begin werk.

Met ‘n transaksie het Johnny mnr. Oosthuizen ontmoet.
‘n Week later het hy deel van Mid-Alarms se sekuriteit reaksiespan geword.

Verlede jaar in Juniemaand het hy saam met ‘n reaksielid van ‘n ander sekuriteitsmaatskappy reageer op ‘n rooftog by Liquor City.
Naby die deur het hy gesien hoe ‘n rower sy wapen oplig en het Johnny begin vuur, terwyl die rowers by die winkel uitgestorm het.

Hy het eiehandig twee rowers in die bors en arm gewond en daar is later nóg rowers in die omgewing vasgetrek.
Meeste van die kontant is teruggekry.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button