News

‘Dankie!’ Toe vlug dief met handsak

Die straatboewe wat ’n skrikbewind voer in die sakekern is weer besig om motoriste te teister.

Verskeie voorvalle het die afgelope paar dae plaasgevind.

Terwyl sy makker een deur oop en toe gemaak het, het ‘n dief doodluiters by twee vroue in ‘n kar geklim en ‘n handsak gesteel.
Me. Juanita Nolte het agter die dief aangehardloop en later die handsak en leë beursie teruggekry.

Haar ma, Walda Fritz (60), sluit altyd haar deure, maar het die dag vergeet.

Lees ook: Sagte reus na moord begrawe

Die oomblik toe hulle op die hoek van Cowen Ntuli- en OR Tambostraat (Sentrale Sakegebied) stop, het die een deur skielik oopgegaan, maar is dadelik weer toegemaak.
Me. Fritz het nog vir die man dankie gesê, want sy het gedink die deur is nie mooi op knip nie. Net daarna het hy weer die deur oopgepluk en dit weer toegemaak.

“Met die deur wat oop en toe gegaan het, het ons nie gehoor die ander een klim agter in nie. Toe ek omkyk was hy agter in die middel van die kar, waar hy die handsak tussen die twee voorste sitplekke gegryp en uitgespring het.”

Sonder om aan haar eie veiligheid te dink het sy ook uitgespring, vir haar ma geskree om die deure te sluit en het die twee agterna gesit.
‘n Entjie verder het die een die handsak neergesmyt en het sy gestop om dit op te tel. “In die tyd wat ek gebuk het om die handsak op te tel, het hy ‘n voorsprong gekry.”

Lees ook: VIDEO: Onwettige sandmyn kring uit terwyl impak op omgewing net verder agteruit gaan

Drie skooldogters het haar sien rondkyk en vir haar gesê dat hulle gesien het hoe die twee boewe van hemde verander.

“Die een het ‘n liggroen oorpakjas aangehad. Hy het dié seker uitgepluk in die hardloop.” ‘n Man het intussen met sy voertuig by haar gestop en gevra of hy kan help. Hy het ook uitgeklim en rondgehardloop om te kyk of hy hulle sien, maar die twee diewe was skoonveld.

“Die barmhartige samaritaan het ‘n seer heup gehad, maar hy was steeds bereid om te probeer help. En daarvoor wil ek baie dankie sê. In die deurmekaarspul het ek nooit sy naam gevra nie.”

Een van die skoolmeisies het gesien waar die booswig die beursie neergooi het en me. Nolte het dit opgetel. Maar die R300 kontant en die R200 Powerball wenkaartjies was skoonveld.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button