Plaaslike prokureur, Danie Koekemoer, sê dat boewe Dinsdagaand sy voertuig se ruit uitgeslaan, en sy kind se skooltas en klere in Virgin Active se parkeerarea gesteel het. Dit blyk egter dat hy nie die eerste slagoffer is nie.
’n Ander Virgin Active kliënt, Vicky Jansen van Vuuren, sê dat sy te bang is om gimnasium toe te gaan, nadat boewe haar vriendin se motorruit uitgeslaan het.
Daar is ook verlede week ’n Toyota bakkie voor die gimnasium gesteel. Die voertuig is ’n paar uur later teruggevind.
Volgens ’n ooggetuie, het ’n kleinerige grys motor Dinsdagaand die parkeerterrein binne gery en langs mnr. Koekemoer se Jeep gestop. Een man het uitgeklim, blitsig die regterkantste agterruit uitgeslaan en die twee rugsakke op die agterste sitplek gegryp.
Lees ook: Walvis spoel op strand uit
’n Ander man het by die valhek by die parkeerterrein se ingang gestaan en wag, en die knoppie gedruk sodat die valhek solank oopgaan toe die motor aan kom.
Mnr. Koekemoer het dadelik na die polisie gegaan om die saak aan te meld. Hy het besonderhede, soos die motor se registrasienommer aan die polisie gegee. Hy sê dat die polisie maar traag was om te help en dat dit oortuiging gekos het om die persoon wat hom te woord gestaan het te oortuig om die verdagte voertuig se registrasienommer onder patrollie voertuie te sirkuleer.
Woensdagoggend vroeg het ’n vrou uit Bloekomsig mnr. Koekemoer gebel. Sy het al sy seun se skoolboeke opgetel.
Mnr. Koekemoer sê hy voel dat die gimnasium meer moet doen om sy kliënte en hul besittings se veiligheid te verseker.
Lees ook: Opvolg – Nie vir sensitiewe kykers: Meer as honderd beeste geskiet na brandramp
Hy het intussen uitgevind dat die motor wat by die diefstal betrokke was aan iemand in Marlothpark behoort. Die persoon is gekontak en het gesê dat hy die motor Dinsdag vir iemand anders geleen het.
Mnr. Koekoemoer sê egter dat hy nog nie die inligting aan die polisie kon gee nie omdat hulle nie vir hom kon sê wie die ondersoekbeampte in die saak is nie.
Mev. Jansen van Vuuren sê dat hulle deur ’n werknemer van die gimnasium uitgelag is toe hulle gaan kla het oor die veiligheid. Virgin Active Middelburg se bestuurder, Marchelle Tschirpig, sê dat dit nie waar is dat hulle niks doen nie.
Lees ook: Vrou los kinders in kar
“Ons luister as mense kom kla. Ons het ekstra kameras opgesit, ons is tans in gesprek met die polisie om te kyk hoe hulle kan help, en ek is nou op pad om met ons risiko assessors te vergader,” het me. Tschirpig verduidelik.
Sy sê ook dat hulle aanpassings aan die valhek en die aanstel van sekuriteitswagte oorweeg. Daar is ook waarskuwings by die valhek, die ingang van die gimnasium en in die badkamers op wat mense waarsku om nie waardevolle items in hul motors te los nie.
Me. Tschirpig sê sy sukkel om samewerking van die polisie te kry.
“Ek sit met sowat 10 saaknommers wat sedert Mei oop gemaak is, en daar is videomateriaal vir meeste van die voorvalle, maar hier was nog nie een polisieman om na die videos te kom kyk nie.”
Me. Tschirpig sê dat haar personeel goed opgelei is, en dat hulle mense bystaan as so iets gebeur deur solank hul bankkaarte te help kanselleer terwyl hulle vir die polisie wag.
•Kapt. Khanyisile Zwane, Middelburg polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar ’n toename in klagtes is van diefstal uit motorvoertuie vanuit die Virgin Active parkeerarea.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
