News
VIDEO: Bome waai die dorp vol
’n Straat is ontoeganklik vir verkeer met ’n boom wat dit versper en ’n waterpyp is stukkend geval met water wat steeds die lug in spuit nadat ’n storm Middelburg vanmiddag getref het.
Laerskool Middelburg en Laerskool C.R. Swart se Interhuis atletiekbyeenkomste moes afgestel word.
In Seringstraat lê ’n groot boom wat omgewaai is, die pad vol.

By die Kees Taljaard stadion is ’n boom uit die grond geruk.
Verskeie bome het in Lilian Ngoyistraat omgewaai, maar gelukkig nie in die pad nie.
’n Muur het in die slag gebly en ’n waterpyp is in Blesbokstraat beskadig. Water spuit steeds die lug in en daar word vir die Steve Tshwete Munisipaliteit gewag om dit te herstel.
Daar het in ’n kort tydjie 35mm geval rapporteer mnr. Sal Botha van Dennesig en dit sous steeds op die dorp.
Die reënweer gaan gepaard met swaar weer.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
