Swaelsuur gevaar in Poort van Dood
’n Grondeienaar wat op die toneel was na gisteraand se ongeluk in Kranspoort, sê dat swaelsuur in die poort gestort is.

Mnr Leon Smit van Zeekoegat, het aan www.mobserver.co.za vertel hoe hy en twee ander boere in die area self kalk op die swaelsuur gegooi het.
Die trok wat op pad was Zambië toe, het omgeslaan in die poort met ‘n vrag vol gekonsentreerde swaelsuur, om 19:29 gisteraand.
Daar was deur die brandweer vertel dat daar geen lekasie van suur was op die toneel nie.
Die bestuurder is nie ernstig beseer nie, maar foto’s wat mnr. Smit gestuur het, wys duidelik hoe die swaelsuur rook op die toneel.

Hy en twee ander boere, Willie Trollip en Hennie Grobler, het kalk gebruik om die suur te neutraliseer.
Dit is nie ‘n ongewone gebeurtenis vir die boere van die omgwing nie, en mnr Smit vertel dat hy laas jaar skade van tot R135 000 gely het na so ’n ongeluk.
‘n Buitelandse vervoermaatskappy se trok het ook omgeslaan met ‘n vrag vol suur, en dié het in sy dam ingeloop en sy water besoedel.
Hy sukkel tot vandag toe nog om die geld uit die maatskapy te kry na hy ten duurste sy water moes rehabiliteer.
•Die stuk pad staan bekend as die “Poort van die Dood” as gevolg van die talle ongelukke wat al menselewens daar geëis het.

Also read:
Parents frustrated by a lack of space in Middelburg schools
Traffic officers to appear in court for corruption
#TrafficAlert: Two dead in Kranspoort accidents
VIDEO: Two perish after truck jack-knifes
Want breaking news on the go?
• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.
• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.
• Subscribe to our YouTube channel.
• Click on the link to subscribe to our bi-weekly newsletter via email.
Have a news tip?
Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za
