Vyftienjarige seun met selfmoordneigings verdwyn
'n Vyftienjarige seun wat dreig om selfmoord te pleeg, het gister vanaf Kogelstraat, Groenkol, verdwyn.

CJ Niewenhuis se ma, Yvonne Taljaard, is rasend van bekommernis.
“Ek het gisteraand tussen die bosse by Meyersbrug, waar Bennie Scheepers hom verlede jaar opgehang het, my kind gaan soek.”
Volgens me. Taljaard was Bennie vir haar seun ‘n pa-figuur nadat sy stiefpa, Markus Taljaard, vyf jaar gelede selfmoord gepleeg het.
” CJ het gisteraand vir van sy vriende boodskappe gestuur waarin hy gemeld het dat dit die laaste aand is wat hulle van hom gaan hoor!”
Sy het genoem dat haar kind ‘n week gelede probeer selfmoord pleeg het deur homself met ‘n gordel te probeer ophang.
Volgens haar het sy gisteraand probeer om ‘n vermiste persoon saak te open by die polisie, maar dat sy aangeraai is om vandag terug te kom.
Sy het gehoor dat CJ moontlik by iemand gehuisves word of wegkruip in Kanonkop, maar kon dit tot op hede nie bevestig nie.
“As enigiemand weet waar hy is, asseblief, kontak my dringend!”
Me. Taljaard kan direk gekontak word by 060 775 3400.
