News

Egpaar kan weer saam trap na ons eienaar opspoor

Die eienaar van die tandemfiets wat gisteraand gesteel is, is opgespoor.

Mnr. Tertius Booysen het pas sy fiets by die polisiestasie gaan haal.
“Dankie aan almal betrokke!” het hy dankbaar gesê.

Daar is net etlike ure gelede op www.mobserver.co.za berig dat twee verdagtes gisteraand omstreeks 09:30 in Oribistraat opgemerk is wat met die fiets, wat vasgesluit was aan plastiekstoele, in die straat afgestap het.

Met lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum en Middelburg 911 se aankoms, het die twee gevlug en die tandemfiets met stoele aan Kanonkop se kant in die veld naby die eendedammetjies neergesmyt.

Die twee verdagtes is wel vasgetrek, maar die polisie moes hulle laat gaan, omdat die persoon wat hulle gesien het, nie betrokke wou raak nie.

Lees ook: Diewe smyt tandemfiets neer

Mnr. Booysen se vrou, Lala, sê hulle het nie dadelik vanoggend agtergekom die fiets is weg nie.
Haar man moes iemand invat dorp toe en sy het tuis gebly.

Op ’n stadium het me. Booysen gesien die fiets staan nie op sy plek nie, maar het gedink haar man het hom geskuif, omdat hy ’n fietsstaander agter aan hul karavaan sou opsit.
Met sy terugkeer het hy haar gevra waar is die fiets, waarop hulle besef het die fiets is gesteel.

Me. Booysen het haar vriendin gebel om haar daarvan te verwittig, waarop dié vir haar gesê het dat sy op www.mobserver.co.za gesien het van ’n tandemfiets wat gesteel is en dat daar na die eienaar gesoek word.

Mnr. Booysen is na die polisiestasie waar hy sy fiets opgeëis het.

“Dankie aan www.mobserver.co.za wat dit opgesit het, waar my vriendin dit raakgesien het. Nou kan ons weer lekker gaan ry!” het me. Booysen opgewonde gesê.

•Me. Booysen sê sy het nooit in haar lewe fiets gery nie en dat haar man juis die tandemfiets gekoop het sodat hulle kon sáám ry en sy sodoende veilig kan voel.

•Die egpaar sê die booswigte moes die fiets en stoele bo-oor die palissadeheining getel het, aangesien daar geen skade aan die heining of die hek is nie.

 

 

 

Lees ook:

 

Die einde van nog ’n mooi dorp

Verlate kar gevind in Dennesig, Polisie opsoek na eienaar

Sakeman sterf in ongeluk, dag na waarskuwing

Eienaar van vreemde kar opgespoor

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button