News

Gewilde bosveld lodge brand af

Die lieflike Bonamanzi Lodge is in puin gelê na ’n verwoestende brand Sondagaand.

Die lieflike Bonamanzi Lodge is in puin gelê na ’n verwoestende brand Sondagaand.
Die brand het tussen 20:00 en 21:00 uitgebreek.
Volgens mnr. Wimpie Venter aan wie se familie die lodge op die oewers van die Steelpoortrivier in die Luiperdshoeksvallei naby Roossenekal behoort, het die brand feitlik die hele lodge verswelg.
Skade kon egter nog nie bepaal word nie.
Swak selfoon opvangs in die gebied het bygedra tot die verwoesting.
Die lodge bestaan uit 16 kamers, restaurant, kroeg en konferensiefasiliteite.
Mnr. Venter se ouers, Daan en Massie, wat op die lodge woon is ongedeerd.
’n Ondersoek na die oorsaak van die brand is geloods.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button