News

Gewilde bosveld lodge brand af

Die lieflike Bonamanzi Lodge is in puin gelê na ’n verwoestende brand Sondagaand.

Die lieflike Bonamanzi Lodge is in puin gelê na ’n verwoestende brand Sondagaand.
Die brand het tussen 20:00 en 21:00 uitgebreek.
Volgens mnr. Wimpie Venter aan wie se familie die lodge op die oewers van die Steelpoortrivier in die Luiperdshoeksvallei naby Roossenekal behoort, het die brand feitlik die hele lodge verswelg.
Skade kon egter nog nie bepaal word nie.
Swak selfoon opvangs in die gebied het bygedra tot die verwoesting.
Die lodge bestaan uit 16 kamers, restaurant, kroeg en konferensiefasiliteite.
Mnr. Venter se ouers, Daan en Massie, wat op die lodge woon is ongedeerd.
’n Ondersoek na die oorsaak van die brand is geloods.

 

 
Back to top button