News

Pa wil Faceboek boelie, wat down sindroom kind slegsê, in klas-aksie aanvat

Die pa van ’n down sindroom kind wil die Facebook boelie wat ’n vrou en haar down sindroom kind sleg gesê en ’n gek van hulle probeer maak het, in ’n klas-aksie laat boet.

“Hy het nie net daardie mamma en haar down sindroom kind verneder nie, hy het elke down sindroom kind regdeur die wêreld persoonlik aangeval en dis vir daardie mamma en haar kind, vir my kind en elke ander down sindroom kind wat ek dit wil doen!” sê oud-Middelburger Ferdie Steyn.

Mnr. Steyn was smoorkwaad vanoggend toe hy die berig lees oor die Facebook boelie wat ’n vrou persoonlik aangevat het toe sy iemand anders wou help.

Lees die berig hier: “Facebook Bully” faces formal charges after alleged shaming of Down Syndrome baby and her mother

Die boelie het onder meer ’n foto van haar en haar down sindroom kind op haar Facebookblad gaan haal en dit saam met walglike boodskappe gedeel. Hy het vir die vrou op Facebook die volgende gesê:

•“Het ek ’n mal koppie kind? Weet jy hoekom het jy een, jul is op drugs, skaam jou.”

•“As jy minder Tik rook sal jy minder dinge sien wat nie bestaan nie. Dis hoekom jou kind so lyk.”

•“Ten minste is my pa se sperm sterk, kyk hoe lyk jou kind.

” Mnr. Steyn het nadat hy die berig gelees het, dadelik mnr. Anthony Boucher (privaat-ondersoeker van SA Investigations) gekontak en gevra hoe hy die ma kan help en ook hoe hulle die Facebook boelie aan die kaak kan stel.

“As hy so grootmeneer is om te sê wat hy wil, moet hy verantwoordelikheid vat vir wat hy gesê het. Sit sy gesig op Facebook! Hy het dit dan met die vrou en haar kind gedoen.”

Mnr. Steyn voel verder dat die boelie se werkgewers in kennis gestel moet word dat hy dit gedoen het. “As daardie man met die publiek werk, moet sy werkgewer en hul kliënte wéét wat hy doen.”

Mnr. Steyn het gesê dat hy vier jaar gelede na Gauteng verhuis het om hul down sindroom kind in ’n skool daar te plaas.

“Daar is meer as 70 kinders in dié skool en ek glo elke ouer daar sal dieselfde as ek voel as ek more vir hulle die berig wys! Ek glo hulle sal wil deel wees van ’n klas-aksie teen daardie man.”

Nie net wil hy die ma help met haar saak nie, maar hy het ook verneem dat hulle die kwessie aan die menseregte kommissie kan voorlê. “Ek gaan alles moontlik doen dat daar ’n voorbeeld van hierdie man gemaak word.”

•Vir meer inligting rakende SA Investigations, wat die saak hanteer, se werksaamhede, bel mnr. Boucher by 064 534 5853.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button