News

‘Oom Kallie’ vra lyk moet afgehaal word, voor hy vir lugtyd vra

Die man wat hom voordoen as ’n bejaarde wat vleis uitdeel, sit lewenslank in die tronk!

Dit is hierdie week weereens bevestig nadat hy vir die soveelste keer as “Oom Kallie” vleis wou skenk en die slagoffers vir hom lugtydstrokies moes koop. Hulle het egter deur sy slimpraatjies gesien en die foon vir die joernalis gegee.

Ons wou hom vra vir kommentaar, maar hy het die selfoon doodgedruk toe ek vir hom sê ek is ’n joernalis.

Www.mobserver.co.za het onlangs ook vir “Oom Jan” (soos hy homself toe voorgestel het) opgeneem, terwyl hy probeer het om ’n ander Middelburger met sy lugtydpraatjies te vang.

Die opname is vir Ben Almero (National Crime Assist) gestuur, wat ’n paar jaar gelede die lugtydboef in ’n tronk in Bethal opgespoor het.
Hyself het “oom Bertie” destyds opgeneem, maar het intussen die opname verloor.

Die oomblik toe hy egter na die joernalis se opname luister, het hy dadelik laat weet: “dit is net hy daai!”

In sy ondersoek ’n paar jaar gelede vir meer as 10 slagoffers van die “ou oom”, het hy die boef, hy onthou sy van was Coetzee, in ’n tronk in Bethal opgespoor.

Die selfoon en simkaarte is by die gevangene gevind. Daar kon egter nie klagtes by sy vonnis gevoeg word nie, omdat hy reeds ’n lewenslange vonnis uitdien vir ’n ernstige misdaad.

Mnr. Almero het gemeld dat die gevangene oorgeplaas is na ’n ander tronk.

Nadat die berig gister op die webtuiste verskyn het, het ’n leser laat weet dat sy by die korrektiewe dienste op Standerton gewerk het en dat die gevangene van Bethal af oorgeplaas is Standerton toe.

Verskeie lesers het ook kommentaar gelewer of laat weet dat hy hulle ook ingedoen het.

Juliet Basson: Hy’t my ook twee weke terug probeer scam! Siek ou oom die! Hy kort ’n paar sambok houe, nie airtime nie!

Jannie Van Graaff: Hy is landwyd besig. Ek is op loodgietergroepe reg oor die land. Hy is besig in Kaapprovinsie en hier by my in die NoordWes provinsie waar baie ouens reeds gevang is deur lugtyd te koop. Ek was ook gebel met ’n joppie op ’n plaas 20km uit Potchefstroom by “sy” melkplaas – dit wil my voorkom hy is te uitgeslaap om gevang te word.

Meisie van Schalkwyk: Hy het iemand in Naboomspruit ook gevang

Mathilda le Roux: Daai skelm werk landwyd…bel tot begrafnisondernemers en vra dat lyk gehaal word…hoe siek is dít? Wens regtig die polisie kan hom vang!

Zelda Fourie: Hy is in die tronk en gebruik dit om mee te ruil in die tronk vir ander voordele.

Durby-Ann Swart: Ons vriend in die Oos Kaap wat begrafnisondernemers teiken is in ’n tronk. Hy raak baie vies wanneer ons nie wil val vir sy grappies nie.

Wanda Blignaut: Hy het ons ook probeer vang gister. Maar ja ons was wakker!

Chrissie Harmse: Ek werk in retail en wonder of dit die selle omie is wat ons gevang het vir lugtyd.

Engela Hinds: Dankie, nee dankie, het geval vir die gemors. Nooit nooit weer!

Alida Lake: In Standerton is hy al vir jare ‘Oom Kallie’. Slinkse ouman!

Michael M. van Wyngaardt: Ek ook vir hom geval. R1200 rand verloor. So vier jaar terug het hy Pietersburg geteiken.

Retha Van der Westhuizen: Hierdie Oom Jan en Tannie Elsie is baie kreatief en soooo oortuigend. Die Oom Jan en Tannie Elsie het vir Jan en Retha ook gevang. Maar nou ja. Huil kan ons nie. Ons het ons dood gelag daaroor. Die ou Middelburgpad ken hy baie goed. Wonder of hy ’n padkaart het van al die plekke wat hy ken. Slim is hy definitief en sooo gaaf en opreg en tog so oulik die ou Omie. Maar nou vertrou ons niemand nie. Daarvoor het Oom Jan en Tannie Elsie gesorg. Hy het ons nou gevang maar kharma gaan hom vang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button