News

Seekoeie is in die Witbankdam!

Die twee seekoeie wat verlede week nog in in die Olifantsrivier naby die Jackaroo en Kromdraaiplotte gesien is, is nou in die Witbankdam!

Mnr. Piet Wassenaar (eienaar, Presidio sekuriteitsfirma in eMalahleni) sê alhoewel hy nie die seekoeie gesien het nie, het hul wel die spore gekry waar hulle by die Witbankdam in is, naby die Duvhabrug wat oor die rivier gaan.

“Vrydag in die vroeë oggendure het mense wat op die oewer bly se honde geblaf en hulle het by die venster uitgekyk. Die man het eers gedink dit is een van sy bulle wat uitgekom het. Toe hy mooi kyk, het hy twee gesien en besef hy het beslis nie twéé bulle nie. Eers toe het hulle gesien dit is die seekoeie.”

Lees ook: Seekoeie swerf steeds rond, byt gat in boot

Dit is duidelik dat die seekoeie kilometers ver in die nag loop en almal wonder waarheen hulle nou weer op pad is.

•Mnr. Wassenaar maan mense om versigtig te wees in die omgewing van die dam en waar die spore gekry is. As enigiemand hulle opmerk, bel mnr. Wassenaar by 082 870 4124.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button