News

Seekoeie gaan klop aan by kerk op Kromdraai

Middelburg se seekoeie het gisteraand gaan aanklop by ’n kerk op Kromdraai.

Pastoor Gerrit Bothma sê van sy gemeentelede van die Huis Van Lewende Waters het omstreeks 20:45 vir hom ’n foto gestuur van die seekoeie voor die kerk se hek.

Die kerk huur die grond van Anaskafé, ’n koffiehuis en trou- en funksievenue, wat op dieselfde perseel geleë is.
Die gemeentelede, wat ook op die Kromdraaipad bly, het verby gery en die seekoeie daar sien staan.

Past. Bothma sê die seekoeie het geen skade aangerig nie en het weer hul pad gevind na die Olifantsrivier.

•Die kerk is net bietjie meer as ’n kilometer vanaf die Olifantsrivier geleë.

•Verlede Donderdag het Freddy Rapatza, wat ook op die Kromdraaipad bly, die seekoeie in ’n diep gat water in die Olifantsrivier (naby die Kromdraai grondpad, ou Middelburg/Witbankpad) die seekoeie gesien.

•Die afgelope twee maande beweeg die seekoeie heen en weer in die Olifantsrivier en het al in plaasdamme tot naby Verena en selfs twee keer in die Witbankdam gekuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button