News

Slagoffer sê op video wie het hom doodgeslaan

Louie van der Ahee gaan dalk “uit die graf” sorg dat die twee mans wat hom so erg aangerand het dat hy later dood is, aan die pen ry.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat mnr. Van der Ahee, Sondagaand in sy kamer op Hermansdal Landgoed wreedaardig deur twee mans aangerand is. Hy is die pa van ’n bekende sakefamilie.

Mnr. Van der Ahee se poniestert is in die aanval met ’n mes afgesny, terwyl hy ook geslaan en geskop is.

Hy het van die landgoed af gevlug en ’n kollega, Eugene Opperman, Sondag om 21:00 geskakel en vertel van die gebeure.

Hy het ook ’n video aan mnr. Opperman gestuur, waarin hy die bloed op kamer 26 se vloer by die Hermansdal Landgoed wys. Voordat mnr. Van der Ahee ’n video neem waar sy aanvaller bly, wys hy sy twee voortande op ’n kas. Albei sy tande is tydens die aanval uitgeslaan of geskop.

Hy is Maandag dokter en tandarts toe vir behandeling, en moes Dinsdag terug dorp toe, om sy voorskrif in te dien, toe hy by Pieta’s Pub gestop het vir ’n glas water, “omdat hy skielik nie lekker gevoel het nie”.

By die kroeg het mnr. Van der Ahee begin opgooi en bleek geraak, waarna die kroegdame mnr. Opperman geskakel het.

Terwyl mnr. Opperman nog besig was om met hom te praat, het mnr. Van der Ahee sy bewussyn verloor en daar is met hom hospitaal toe gejaag.
By die hospitaal moes sy skedel oopgesny word om die drukking op sy brein te verlig.

Sy twee seuns, HJ en Michael, was aan hul pa se sy tot sy afsterwe omstreeks 22:00 Woensdagaand.

Die broer van ’n werker, van die landgoed, is reeds gearresteer.

Mnr. Van der Ahee sê ook in die video ook dat ’n “Brian” een van sy aanvallers is.
www.mobserver.co.za het ’n “Brian” gekontak, maar sy selfoon is sedert gisteraand af.

Mnr. Van der Ahee se seun, HJ, wou nie kommentaar lewer nie en sê die polisie-ondersoek moet sy gang gaan.

Mnr. Van der Ahee en mnr. Opperman werk beide in die mynbedryf met langtermyn verblyf op Hermandsal.

Die eienaars van Hermansdal se landlyn het aanhoudend gelui, sonder om beantwoord te word.

•Die mans wat verdink word van die moord kan nie geïdentifiseer word voordat hulle in die hof verskyn het nie.

@middelburgobserver

Man takes video of scene where he was assaulted before he succumbed to his injuries

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button