Haweloses wat tussen bosse bly moet weg
’n Hawelose egpaar en hul vriend vrees die einde van die maand, want dan is hulle die blyplek, wat hulle gerieflik vir hulself ingerig het, kwyt.
“Ons weet nie waarheen ons sal gaan nie. Ons pla niemand hier tussen die bosse nie, maar dit is munisipale grond en ons moet einde Oktober uit,” sê Alida Venter hartseer.

Op ’n video wys sy hoe netjies sy en haar man, Petrus, hul seil tentblyplekke, wat hulle self aanmekaar geslaan het, hou.
Aan die agterkant bly hul vriend, Mark Smit, ook in ’n seiltent.
“Die polisie het vir ons gesê vandat ons hier bly, het die kapings en ander probleme in die omgewing minder geword, maar die munisipaliteit sê ons mag nie hier bly nie.”

•Hulle het in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer gesê hulle soek “net ’n plekkie in die son.”
@middelburgobserver Homeless people have a month to dismantle shack and no where else to go
