News

Jong man verdwyn op pad na Groblersdal

’n Oudleerling van HTS Middelburg wat Saterdagoggend 01:00 vanaf Morgenzon na Groblersdal vertrek het, het spoorloos verdwyn.

Sy suster, Danelle Verwey, het vanoggend bevestig dat haar broer, Willem Kruger (29), nooit sy bestemming bereik het nie. Hy moes deur Middelburg op die N11 gereis het op pad terug na sy huis.

Willem is die seun van bekende Groblersdalse boer, Tiaan Kruger en die swaer van bekende Middelburgse rugbyspeler, Jacques Verwey.
Nog ’n familielid, mnr. Francois Rossouw, sê dat hulle sedertdien die paaie gefynkam het op soek na Willem.

•Ten tyde van sy verdwyning het hy gery met ’n wit Hilux Dakar, registrasienommer FBH948L.
Hy het ’n blou hemp en ’n khakikleurige kortbroek gedra.

•As enige persoon weet waar Willem hom bevind of sy bakkie iewers opmerk, bel vir Jacques by 071 688 9794 of Willem se suster, Danelle, by 082 524 8346..

Die Groblersdal Polisie (kaptein Matipa) kan ook gekontak word by by 013 262 8371.
Alternatiewelik kan die MySAPS Toep (App) afgelaai word en inligting deurgestuur word na 08600 10111.

•Die organisasie, “Missing in South Africa” het hom ook op hul netwerke as ’n vermiste persoon opgesit.
Bel Wendy by 072 649 7683 of Matt by 081 010 3888.

 
Back to top button