News

Was nié bakkie wat by CCTV kamera verby is nie

Dit was beslis nié Willem Kruger se bakkie wat verby die CCTV videokamera in die hoofstraat van Bethal gery het nie.

Kort nadat dit bekend geword het dat daar videomateriaal is wat wys dat ’n bakkie moontlik in die hoofstraat verby ’n huis gery het in die vroeë oggendure Sondag, het mnr. Anthony Boucher (privaat ondersoeker, SA Investigations) daaroor kopgekrap.

Dit is egter kort nadat die ondersoek begin het, uitgeskakel, aangesien géén veiligheidskameras op die roete Willem se bakkie opgetel het nie.
Mnr. Boucher sê hy wou egter doodseker maak dit is nié die bakkie nie.

“Ek kan bevestig dit was nie die bakkie nie, dit was ’n SUV (nutsvoertuig).”

Alhoewel die kwaliteit van die videomateriaal baie swak is weens die reën, het hy dit steeds blokkie vir blokkie ontleed op sy tegniese stelsel.

“Dit is ’n wit Toyota Fortuner of Ford Ranger met donker ruite. In die video kan jy kyk na die ligte van die huis in die agtergrond. Jy kan sien die vensters loop tot agter op die voertuig. Met ander woorde daar is geen bak nie. So dit is nie ’n bakkie nie maar ’n SUV.”

•Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) het vanoggend ook weer bevestig dat hulle ook die inligting opgevolg het rakende die videomateriaal wat vanaf Bethal gestuur is en dat dit nie Willem se voertuig is nie.

@middelburgobserver

Speurder sê kar op Bethal video is nie Willem Kruger se bakkie nie

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button