News

Skootrekenaar met belangrike werkinligting gesteel

’n Skootrekenaar is vanmiddag uit ’n voertuig gesteel met ’n seinblokker wat gebruik is om by die voertuig in te kom.

Mnr. Andries Koen vertel dat hy voor Auto Spares in die Middedorp, op die hoek van Cowen Ntuli- en Lilian Ngoyi, gestop het en gou na een van die besighede langsaan is.

Met sy terugkeer was die agterdeur van sy voertuig oop en sy skootrekenaar weg.

Alles dui daarop dat ’n seinblokker gebruik is, sodat sy voertuig se sentrale sluitstelsel nie gewerk het nie.

Daar is uiters belangrike werksinligting op die skootrekenaar.

Hy het mnr. Anthony Boucher (privaat ondersoeker, SA Investigations & Security) se hulp ingeroep om die skootrekenaar te probeer opspoor.

Dit is ’n HP-Envy X360 Convertible skootrekenaar.

Mnr. Boucher doen ’n beroep op besighede en enige privaat persone om hom te bel, sou die booswigte dit te koop aanbied.
Hy kan gekontak word by 064 534 5853.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button