News
Bobbejaan, wat dorp op hol gehad het, is gevang!
Die bobbejaan wat die afgelope week veral inwoners van Aerorand op hol gehad het, is pas in die hok gevang.
Die hok is vroeër hierdie week uitgesit.
Adj. Stoney Steenkamp (van die Veediefstal- en Bedreigde Spesie eenheid) is op die toneel en mnr. Deon Cornelius (van Ubhetyan), wat met die hok gehelp het, is ook daar.

Die bobbejaan het ‘n wond aan sy regterpoot en sy linkerpoot hang.

Hy gaan vanaand deur ‘n veearts ondersoek en behandel word, waarna hy more na ‘n rehabilitasiesentrum in Phalaborwa geneem sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!