News

Santjie kry borg

Borg van R10 000 is toegestaan aan Johannes (Santjie) Nduli.

Nduli staan tereg op veediefstalklagtes.

Nduli was in aanhouding na sy arrestasie drie weke gelede, maar het verlede week borg gekry.

Hy is gearresteer nadat daar by twee geleenthede onderskeidelik sewe en vyf beeste op mnr. Naas Boshoff se plaas Mooiwater, langs Doornkop, gesteel is.
Die sewe beeste wat gesteel is, is nooit teruggekry nie.

Drie van die ander vyf wat gesteel is, is teruggekry en twee, wat reeds geslag is, se velle en vleis is by ’n slagpale opgespoor.

• Tydens sy borgaansoek het Nduli ’n papier gewys waarop daar ’n aantekening gemaak is dat die beeste, wat by mnr. Boshoff gesteel is, gekoop is by ’n vrou verlede jaar in Oktober.

Daar is geen handtekening by die beweerde kooptransaksie nie.
Die vrou is intussen oorlede en kon nie die transaksie bevestig nie.

Die hof het die dokument aanvaar en Nduli het borg gekry.

Mnr. Boshoff het vir die Observer gesê dat die beeste egter in Januarie hierdie jaar eers by hom gesteel is.

• Verlede week het mnr. Boshoff inligting gekry dat nog ’n bees van hom by ’n informele nedersetting op die plaas, Mooiplaas, rondloop.
Hy en die polisie is Donderdag na die plaas en dit is bevestig dat dit die bees is wat by hom gesteel is.

“Die bees was nie saam met die ander beeste in die kraal gejaag nie en ons kon hom gelukkig laai.”

• Nduli staan ook tereg op ’n saak van 2019 waar beeste gesteel is by mnr. Kallie Erichsen. Die saak, wat in die streekhof aangehoor word, is uitgestel na 4 Julie vir verhoor.

• Mnr. Anthony Boucher (privaat ondersoeker, SA Investigations and Security) is besig met ’n ondersoek rakende die veediefstalsaak en enige inligting kan aan hom deurgegee word by 071 290 742.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button