News

18 al dood weens dwelmverslawing – Egor is die handelaar

18 sterf weens dwelms.

Tussen twee gerehabiliteerde dwelmverslaafdes tel hulle reeds 14 van hulle vriende wat dood is as gevolg heroïnverslawing.

Tel vir Jarrid O’Connor (20 Februarie 2023), Gerhard Venter (6 Januarie 2022), Pieter Erasmus (7 Junie 2022), Jesse Bhyat (13 Januarie 2022) by en die lys staan op 18.

Nou word ’n man met die straatnaam “Egor” beskuldig dat hy talle plaaslike verslaafdes en ook vir Quinton Cloete, aan heroïne bekend gestel het.’n Persoon (wat uit vrees vir sy lewe anoniem wil bly) het hierdie week gesê dat hy die berig van Quinton se afsterwe gelees het.

“Dis hartseer. Hy was regtig ’n goeie ou. Dit is die agtste vriend wat ek verloor weens heroïene.”

Hy beweer dat “die ou wat verantwoordelik is om almal aan die gemors bekend te stel, gesellig by sy mamma die hele dag X-Box speel, terwyl sy mamma sy sy dwelmgewoonte voed!”

Die bron meld dat die Observer ’n paar jaar gelede ’n onderhoud met “Egor” gevoer het.

“Hy woon in Witbank saam met sy ma. Hy werk nie. Hy sit net by die die huis terwyl mamma in sy dwelmgewoonte en behoeftes voorsien. Hy is die een persoon wat meer verantwoordelik is vir so baie mense wat verslaaf is in Middelburg!”

Volgens hom het ‘Egor” vroeër jare vir ’n Nigeriër, genaamd Toni, dwelms verkoop het “en was hy die eerste persoon wat heroïene aan Middelburg bekendgestel het. Hy is verantwoordelik vir baie grafte.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button