News

Enkelma doodgery, bestuurder vlug van toneel

Die familie en vriende van 'n jong vrou soek na geregtigheid nadat sy Saterdagoggend om 01:00 deur 'n bakkie doodgery is in 'n lafhartige tref-en-trap.

Melissa van der Westhuysen(35) is in die teenwoordigheid van twee van haar medewerknemers op haar motorfiets raakgery op pad huistoe na hulle skof as kroegdames by die Kantienklub 31.

Die bestuurder van ‘n wit of silwer dubbelkajuit bakkie het van agteraf in Melissa vasgery in Lilian Ngoyistraat.

Denise, Meliisa se suster het vertel dat die botsing so gewelddadig was, dat Melissa se motorfiets verby die vrou wat voor haar gery het gevlieg het. Die bestuurder het oor die rooi verkeerslig by Proteastraat gejaag.

Die bromponie waarop Melissa gery het.

Denise glo nie dat die bestuurder by Blesbok, Duiker of Koedoestraat uitgedraai het soos daar aanvanklik gedink was nie, omdat die bestuurder so vinnig gery het toe hy haar tref. “Hy moes van verder af in Lilian Ngoyistraat gekom het.”

Haar twee medewerknemers het in ‘n konvooi voor haar gery, en sy op ‘n motorfiets.

Die voorval het lede van die kantien woedend, wat nou desperaat is om die bestuurder so gou moontlik op te spoor.
Verskeie mense het ook hulleself na Facebook gewend vir meer inligting oor die bestuurder.

Een van vele plasings op Facebook.

Melissa se ma, Estelle Prinsloo, het vertel dat hulle as familie opsoek is na antwoorde en geregtigheid.

Melissa was ‘n enkelma van haar 15-jarige seun.

Indien iemand weet wie die bestuurder van die bakkie is, kan hulle Estelle kontak by 082 472 4411.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button