News
Bakkie wat Melissa doodry het swart mynstof op gehad
Dit is besig om warm te raak vir die bestuurder wat Melissa van der Westhuysen doodgery het.
Die gemeenskap werk hard om te sorg dat die skuldige in Melissa se ongeluk aan die pen ry.
Die Middelburg Observer het die afgelope ruk verkeie oproepe ontvang van inwoners wat leidrade uitgewys het.
Alle inligting is aan die ondersoekbeampte deurgegee.
’n Betroubare bron na aan die ondersoek het vertel dat hulle die soektog afgerond het na ’n wit dubbelkajuit bakkie.
Volgens Felecity Marx wat by was toe die ongeluk plaasgevind het, was die bakkie vol swart mynstof en het donker vensters gehad wat moontlik dui dat die vensters getint is.
Enige persoon met meer inligting word gevra om 073 801 7939 te skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
