News

Man wat deur pit bulterriër aangeval is, gesels uit hospitaalbed

Alhoewel hy saam met sy familie bekommerd is oor die ernstige skade aan sy linkerhand na sy pit bulterriër se aanval, sê Hein Janse van Rensburg dat hy beslis beter begin voel.

Maandag was hy in erge pyn voordat hy ’n spesialis gaan sien het. Die trauma was ook duidelik by hom te bespeur.

Hy het egter vanoggend begin beter voel na uitstekende behandeling deur die dokters en personeel van die Life Midmed Hospitaal.

Sy vrou, Zania, sê haar man lyk baie beter as gister, maar hulle is in kennis gestel dat Hein Vrydag terug moet gaan teater toe vir sy linkerhand.
Die regterhand het aanvanklik baie erger gelyk as die linkerhand.

“Die dokter het in teater die regterhand skoongemaak en alles geheg. Toe hy egter besig is met die linkerhand, het hy gevind dat daar reeds infeksie ingetree het. Hy moet Vrydag weer terug teater toe vir die linkerhand.”

Hulle het aanvanklik gedink dat die mediese kostes sowat R70 000 gaan beloop, maar omdat Hein weer moet terug teater toe en tans in die hospitaal moet bly, kan dit styg na meer as dubbeld dié bedrag.

• Die familie bedank almal wat tot op hede bydraes gelewer het. Persone wat hulle nog wil ondersteun, kan Zania bel 079 183 1059.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button