News

Bestuurder van bakkie wat Melissa doodry gaan hom glo oorgee

Sedert die ongeluk het verskeie inwoners navore gekom met inligting en dit is volgens gerugte juis die bakkie bestuurder se vriende wat hom weggegee het.

’n Jong man gaan hom glo vandag aan die polisie op Middelburg oorgee na die dood van Melissa van der Westhuysen (35).

Melissa is Saterdagoggend om 01:00 deur ’n bakkie doodgery in ’n tref-en-trap ongeluk.

Sy is is in die teenwoordigheid van twee van haar medewerknemers by die kuierkroeg wat bekend staan onder inwoners as die reserviste kantien (Kantienklub 31) op haar bromponie raakgery op pad huistoe na hulle skof as kroegdames.

Die bestuurder van ’n wit dubbelkajuit bakkie het van agteraf in Melissa vasgery in Lilian Ngoyistraat.

Die botsing was so gewelddadig dat Melissa volgens bewysstukke op die ongelukstoneel op die bakkie geval en meters verder eers op die teerpad beland het. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder het daarna oor die rooi verkeerslig in Proteastraat gejaag en tot gister verdwyn.

Haar twee medewerknemers het voor haar gery.

Melissa was ’n enkelma van ’n 15-jarige seun.

Sedert die ongeluk het verskeie inwoners navore gekom met inligting en dit is volgens gerugte juis die bakkie bestuurder se vriende wat hom weggegee het.

Elmarie Nel het gisteraand op sosiale media gesê “ons het klaar baie inligting, geregtigheid sal geskied. Ons weet wie die bestuurder is hy moet net terug kom dorp toe, die lafaard het die dorp verlaat maar sy pelle het hom weggegee, so hy sal aan die pen ry binnekort”.

Oomblikke later het sy geplaas “en daar is hy gekry, dankie Here, more sal geregtigheid geskied, rus sag Melissa”.

Volgens inligting het die jong bestuurder na Langebaan gevlug maar gaan hom vandag aan die polisie oorgee op Middelburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button